Alistair Westcott is a well known registered marriage officer who conducts wedding services in Afrikaans or English
in a casual or formal manner. His services include denominational, traditional and personal weddings, for heterosexual couples.
Visit his website...
-- Based In Pretoria --
-- Playing In Gauteng And Surrounding Provinces --
--- BEELD - BRUID VAN DIE JAAR KOMPETISIE 2023 - 2024 ---
BEPALINGS EN VOORWAARDES
Die kompetisie word aangebied deur Media24 Nuus (BEELD).
Medeborge aan die Bruid van die Jaar 2023 kompetisie:
World Leisure Holidays (mede naamborg)
Sealy
TO Strand
Wedding And Lifestyle Hub SA
Met die deelname aan die kompetisie verskaf jy aan Beeld en mede-vennote/borge van die kompetisie toestemming:
Om jou foto te publiseer.
Dat jy gekontak mag word.
Om van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan jou te bemark
Kompetisie duur vanaf 9 Junie 2023 tot 16 Mei 2024.
Jy moet in 2023 of 2024 trou of getrou het om te kan deelneem.
Jy mag net inskryf vir die maand waarin jy getroud is.
BEELD behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra.
Slegs Suid-Afrikaanse burgers, met geldige ID-dokument mag deelneem.
Deelnemers moet bo 18 jaar van ouderdom wees.
Nie alle inskrywings sal gepubliseer word nie en is onderhewig aan 'n keuringsproses.
Die drie maandelikse voorloper-bruide dring deur na die finale by die gala-aand in 2024. Daar word nie 'n maand wenner aangewys nie.
Indien jy buite BEELD se verspreidingsgebied val, is jy self verantwoordelik om dié koerant te bekom.
Geen werknemer of familie-lede van die borge of Media24 mag deelneem nie.
Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring. Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se arrestasie, hofverskyning, betrokkenheid by 'n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan 'n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, hetsy dit in die media gepubliseer word of nie.
BEELD aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom.
BEELD aanvaar nie verantwoordelikheid vir inskrywings wat wegraak nie.
Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur BEELD en/of borge gekontak mag word.
Deelnemers aan die kompetisie verleen aan Media24 en medeborge van die kompetisie om van tyd tot tyd sy produkte en/of dienste aan hulle te bemark.
Met die deelname aan die kompetisie verskaf u aan BEELD en of borge van die pryse toestemming om u foto te publiseer, sou dit verwag word.
Media24 Nuus (BEELD) waarborg oor die algemeen nie die volgende nie:
Dat u inskrywing in die kompetisie summier sal lei tot die wen van 'n prys.
'n Prys of enige aspek daarvan aan jou, of waar van toepassing aan jou verwagtinge of vereistes voldoen nie.
'n Prys of enige aspek daarvan bevredigend, tydig, sonder defekte, veilig of betroubaar is.
Media24 Nuus (BEELD) en ons geaffilieerde maatskappye sal nie verantwoordelik wees vir enige besering, skade, verlies of eisverwante voorvalle nie.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word oor die kompetisie gevoer nie.
Met die kroningsdag word daar van die bruide verwag om 'n voldag sessie saam met beoordeelaars by te woon waar die wenner bepaal word. Die aand is 'n semi-formele funksie saam met van die bruid, haar man en hulle genooide gaste.
Daar sal van die drie maandelikse voorloper-bruide verwag word om aan die einde van die jaar siklus by die jaarlikse kroningsgeleentheid in Gauteng teenwoordig te wees waar die Jaar-wenner aangekondig word. Sou 'n finalis om enige rede nie die kroningsgeleentheid kan bywoon nie, verbeur sy die kans om mee te ding om die titel van Bruid van die Jaar asook alle pryse aangesien dit oorgedra sal word na die bruid wat haar plek sal oorneem.
Pryse is nie onderhandelbaar en kan nie vir kontant verruil word nie. Wenner het die reg om die prys weg te wys.
Reis- en enige ander addissionele kostes is vir die bruide se eie rekeninge.
BEELD behou die reg voor om hierdie terme en voorwaardes te enige tyd sonder kennisgewing te verander.
BEELD behou die reg om kompetisie ter enige tyd te staak/beëindig.
BEELD behou die reg om pryse ter enige tyd aan te pas of te kanselleer.
Kompetisie word gereguleer deur SA wetgewing.
VERSTREK DIE VOLGENDE:
Troudatum
Bruid se naam en getroude van
Bruidegom se naam en van
Woonadres
Bruid se e-posadres
Bruid se kontaknommer
Bruidegom se e-posadres
Bruidegom se kontaknommer
SKRYF SÓ IN - ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE IN 'N WORD-DOKUMENT:
Waar het julle mekaar ontmoet?
Hoe lank ken julle mekaar?
Watter beroepe beoefen julle?
Wat is jul belangstellings?
Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?
Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?
Wat was jou hoogtepunt van die troue?
TROU FOTO'S - HEG KLEUR OF SWART EN WIT FOTO'S AAN IN JPEG FORMAAT. FOTO'S MOET ELK 'N MINIMUM VAN 1MB GROOT WEES.
Bruid - kop-en-skouer foto
Bruid - vollengte foto
Egpaar foto
Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf se verantwoordelikheid om te verseker dat enige informasie wat aan ons verskaf akkuraat, volledig is.
Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
E-pos-inskrywings moet voor 12:00 op die sluitingsdag aan
gestuur word.
Ons maak geen uitsonderings vir inskrywings wat laat is nie.
SKRYF VOOR HIERDIE SLUITINGS DATUMS IN:
JANUARIE 2023:
09 Junie 2023
FEBRUARIE 2023:
30 Junie 2023
MAART 2023:
28 Julie 2023
APRIL 2023:
25 Augustus 2023
MEI 2023:
22 September 2023
JUNIE 2023:
20 Oktober 2023
JULIE 2023:
20 Oktober 2023
AUGUSTUS 2023:
17 November 2023
SEPTEMBER 2023:
19 Januarie 2024
OKTOBER 2023:
16 Februarie 2024
NOVEMBER 2023:
15 Maart 2024
DESEMBER 2023:
12 April 2024
STEM PROSESSE:
PROSES 1 (elke SMS tel 1 punt)
SMS Bruid, gunstelling bruid se naam en van, jou naam en van, woongebied en epos adres aan 35986.
SMS lyn sal oop bly tot die daaropvolgende Vrydag ná die bruid se foto's in die koerant verskyn het.
Lyn sluit om 12:00.
Elke SMS kos R1.50.
Gratis SMS geld nie en foutiewe SMS'e sal verreken word.
Ekstra koerant stemme van 'n bruid kan op 'n Donderdag van publisering of die Vrydag na publisering by Tanya Schoeman aangekoop word -
Beeld sal die koerante aan 'n Beeld projek skenk.
PROSES 3 (elke stem tel 5 punte)
Knip gunstelling bruid se foto uit (slegs oorspronklike foto's word aanvaar), plak dit agterop 'n A4 bladsy, voeg jou adres en telefoonnommers by en koerier aan:
Bruid van die Jaar Bemarking 2de vloer 272 Pretoria laan Ferndale Randburg 2194
Stemme kan ook in 'n koevert by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word:
Bruid van die Jaar Bemarking 2de vloer 272 Pretoria laan Ferndale Randburg 2194
Die sperdatum vir elke week se bruide is die daaropvolgende Vrydag ná die bruid se fotos in die koerant verskyn het.
Alle stemme moet ons teen 12:00 op die sperdatum bereik om in aanmerking geneem te word.
Dit bly die persoon wat stem se verantwoordelikheid om stemme op tyd in te dien en BEELD neem geen verantwoordelikheid vir laat stemme, vir watter rede ookal nie.
Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie.
Dieselfde prosedure geld vir bruide wat buite BEELD se verspreidings gebied val wil deelneem.
Die bruid met die meeste punte aan die einde van maand sal as die wenner aangewys word.
--- LAAI DIE MS WORD DOKUMENT GRATIS HIER AF ---
--- BEELD - BRUID VAN DIE JAAR - FINALISTE EN WENNER ---