Henk Meyer Henk Meyer
Email
Skype gautengdj
Twitter @GautengDJ
Instagram gauteng_dj
Phone Me! 082 - 650 0293  Whatsapp

-- Based In Pretoria --
-- Playing In Gauteng And Surrounding Provinces --
Sa Flag

Ons almagtige Vader
gee my wysheid en krag.
Ek bid tot U nou en later
onder hierdie sware vrag.

U het kinders aan my toevertrou
en ek moet my vader plig onthou.
Al is hul reeds uit die huis
hul bly nog steeds my kruis.

Vader sien my in my nood.
Gee vir my, my daaglikse brood.
Wil U aan my wysheid verleen,
sodat ek my familie kan ondersteun.

Vir volharding in my plig
vra ek wysheid en lig.
Om ons deur donker te lei
wyl ons U kinders sal bly.

My geloof is by U
Here verlaat ons nie.
Moet ons nie verloor,
maar hou ons op die spoor.

Ons vra U nog 'n keer
help ons om die bose te besweer,
sodat ons die weg kan sien
om U alleen te dien.

Amen.

Gebed geskryf deur Petro Nell






Copyright 2017 - "Gauteng DJ" - All Rights Reserved
  Designed And Updated By  

Like This Site? Tell Your Friends!