Henk Meyer Henk Meyer
Email
Skype gautengdj
Twitter @GautengDJ
Instagram gauteng_dj
Phone Me! 082 - 650 0293  Whatsapp

-- Based In Pretoria --
-- Playing In Gauteng And Surrounding Provinces --
Sa Flag

REËLS HOE OM IN TE SKRYF:

  • Jy moet in 2017/2018 trou of getrou het om te kan deelneem.
  • Jy mag net inskryf vir die maand waarin jy getroud is.
  • Beeld behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra.
  • Nie alle inskrywings sal gepubliseer word nie en is onderhewig aan 'n keuringsproses.
  • Indien jy buite Beeld se verspreidingsgebied val, is jy self verantwoordelik om dié koerant in die hande te kry.
  • Foto's word slegs in Beeld gepubliseer.

SKRYF SÓ IN - ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE IN 'N WORD-DOKUMENT:

  • Waar het julle mekaar ontmoet?
  • Hoe lank ken julle mekaar?
  • Watter beroepe beoefen julle?
  • Wat is jul belangstellings?
  • Wat is jul definisie van 'n gelukkige huwelik?
  • Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema en wat was jou inspirasie?
  • Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?
  • Wat was jou hoogtepunt van die troue?

VERSKAF DIE VOLGENDE:

  • Troudatum
  • Bruid se volle naam
  • Bruid se noemnaam
  • Bruidegom se volle naam
  • Bruidegom se noemnaam
  • Woonadres
  • Bruid se e-posadres
  • Bruid se kontaknommer
  • Bruidegom se e-posadres
  • Bruidegom se kontaknommer

VOLG DIE VOLGENDE STAPPE:

  • Heg 'n duidelike kop-en-skouers foto en 'n vollengte foto van die bruid (kleur of swart-en-wit, minstens 1MB groot) as 'n aanhangsel aan die e-pos-inskrywing.
  • E-pos inskrywings aan voor 12:00 op die sluitingsdag.
  • Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
  • Hou by die sperdatums. Jou inskrywing moet die Bruide-inboks voor 12:00 op die sluitingsdatum bereik. Ons maak geen uitsonderings vir inskrywings wat laat is nie.

ONTHOU DIE VOLGENDE:

  • Geen werknemer of familie-lede van die borge of Media24 mag deelneem nie.
  • Nie alle inskrywings word in die koerant gepubliseer nie. 'n Eerste keuring word deur 'n paneel gedoen. Die bruid wat die meeste stemme vir haar maand gekry het, word as 'n finalis aangewys.
  • Sou 'n finalis om enige rede nie die kroningsgeleentheid kan bywoon nie, verbeur sy die kans om mee te ding om die titel van Bruid van die Jaar. Sy sal egter steeds al haar pryse as 'n finalis ontvang.
  • Beeld se redakteur behou hom die reg voor om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Beeld, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring. Dit sluit gedrag in (maar is nie daartoe beperk nie) wat lei tot die finalis se arrestasie, hofverskyning, betrokkenheid by 'n polisieondersoek (selfs voordat die finalis aan 'n misdryf skuldig bevind word) en onwelvoeglike of skandalige gedrag, hetsy dit in die media gepubliseer word of nie.
  • Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom of inskrywings wat wegraak nie.
  • Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming dat jy deur Beeld en/of borge gekontak mag word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word oor die kompetisie gevoer nie.
  • Vir navrae stuur e-pos na

SKRYF VOOR HIERDIE SLUITINGS DATUMS IN:

 JANUARIE 2017 - BRUIDE: 19 April 2017
 FEBRUARIE 2017 - BRUIDE: 10 Mei 2017
 MAART 2017 - BRUIDE: 14 Junie 2017
 APRIL 2017 - BRUIDE: 19 Julie 2017
 MEI 2017 - BRUIDE: 23 Augustus 2017
 JUNIE 2017 - BRUIDE: 23 Augustus 2017
 JULIE 2017 - BRUIDE: 27 September 2017
 AUGUSTUS 2017 - BRUIDE: 27 September 2017
 SEPTEMBER 2017 - BRUIDE: 01 November 2017
 OKTOBER 2017 - BRUIDE: 06 Desember 2017
 NOVEMBER 2017 - BRUIDE: 03 Januarie 2018
 DESEMBER 2017 - BRUIDE: 07 Februarie 2018

SÓ STEM JY:

Wanneer 'n bruid se foto in die koerant verskyn kan lesers vir hul gunsteling-bruid stem deur haar foto uit te knip (slegs oorspronklike foto's word aanvaar), dit agterop 'n koevert te plak en saam met hul naam, adres en telefoonnommers te stuur aan:
        Bruid van die Jaar 2017
        Posbus 595
        Auckland Park
        2006

Stemme kan ook by Beeld se kantoor in Johannesburg afgelewer word, of gekoerier word en moet ons teen die regte spertyd (Vrydag net na die foto's verskyn het) om 12:00 bereik.
        Bruid van die Jaar 2017
        Kingsway 69
        Mediapark
        Aucklandpark
        2006

Dit bly die bruid se verantwoordlikheid om stemme op tyd in te dien en ons neem geen verantwoordelikheid vir laat stemme, vir watter rede ookal. Laat stemme sal nie in aanmerking geneem word nie.



Copyright 2017 - "Gauteng DJ" - All Rights Reserved
  Designed And Updated By  

Like This Site? Tell Your Friends!